Die noodlottige ongelukstoneel sowat 20 km vanaf Otavi. Foto verskaf
Die noodlottige ongelukstoneel sowat 20 km vanaf Otavi. Foto verskaf

Agt sterf in ongeluk buite Otavi

Francoise Steynberg
Agt mense het vanmiddag in ‘n ongeluk op die B1-hoofweg tussen Otavi en Otjiwarongo gesterf.

Senior inspekteur Maureen Mbeha van die gemeenskapspolisiërings-onderafdeling van die Namibiese polisie (Nampol) in die Otjozondjupastreek het bevestig dat agt mense op die toneel sowat 20 km buite Otavi gesterf het .

‘n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat 'n voertuig wat vanaf Otjiwarongo gereis het, 'n ander voertuig verbygesteek het toe dit reg van voor met 'n aankomende sewesitplek-voertuig gebots het. Al die oorledenes was van dié voertuig.

Nampol-lede is tans op die toneel naby die B2Gold-myn.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!