Duikers van die soek- en reddingspan van die Namibiese polisie en Crises Response gister by die Oanobdam. Foto verskaf
Duikers van die soek- en reddingspan van die Namibiese polisie en Crises Response gister by die Oanobdam. Foto verskaf

Drie jong mans verdrink by dam

Duikers was na 16:00 gistermiddag steeds by die Oanobdam op soek na die laaste liggaam van die drie jong mans wat Saterdagaand by die oord verdrink het na 'n sononderrit op 'n motorboot.

Volgens 'n familielid van een van die oorledenes is die eerste slagoffer kort na 13:00 gevind; sowat 53 meter onder die water, langs die gesinkte boot.

n Tweede drenkeling is omstreeks 15:15 op 'n diepte van 23 m gevind. Die soektog is kort voor dit byna weens sterk wind en diep modder gestaak, maar het hierop nuwe lewe gekry.

Hoewel die polisie in sy amptelike verslag meld dat die tragedie tussen 14:30 en 15:00 Satermiddag afgespeel het, het die nege jong mans volgens dieselfde familielid kort voor skemer 'n motorboot vir ‘n “rip” op die oord se waters geneem. Die brandstof het glo opgeraak en die boot het begin water inneem – die rede hiervoor is onduidelik – en later omgeslaan.

Die bestuurder van die boot het na bewering die insittendes wat kan swem, versoek om na die wal te swem. Hy het self aangebied om die ander te help.

Alarm is tussen 19:30 en 20:00 Saterdagaand gemaak.

Volgens adjunkkommissaris Eric Clay van die Hardapstreek is twee van die ses oorlewendes aanvanklik in die hospitaal opgeneem. Een is later ontslaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!