ongelukohangwena
ongelukohangwena

Drie sterf ná botsing met ambulans

Drie mense het Vrydag in ’n botsing tussen ’n ambulans en ’n bakkie gesterf. Volgens die Namibiese polisie se jongste misdaadverslag het die ongeluk omstreeks 16:20 by die Okauva-nedersetting op die Oilyateko-Oshikango-grondpad plaasgevind. Na bewering was die ambulans wat van die Engela-distrikshospitaal onderweg was, in ’n botsing reg van voor met die bakkie betrokke. Drie insittendes in die bakkie - Weyulu Fransina Ingashi Shikuka (53), Weyulu Emilia Kulaumone (43) en Moongeli Evalistu Nghinadino (33) – het in die botsing gesterf. Sewe insittendes van die ambulans is net lig beseer.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer