Duitse gesin in ongeluk op Gaub-pas beseer
Vyf lede van 'n Duitse gesin van ses is Donderdag per ambulans na 'n hospitaal op Swakopmund vervoer toe die voertuig waarin hulle op toer was, in die Guab-pas op die C14 van die burg afgery en omgeslaan het.
Die gesin was vanaf Sesriem na die kus onderweg toe die ongeluk gebeur het, sê mnr. Sean Naudé van Namibia Marshall Rangers wat die beseerde gesinslede na Swakopmund geneem het.
"Ons het die pa, ma en drie kinders per ambulans na 'n hospitaal op Swakopmund vervoer," sê hy. Nie een se toestand was kritiek nie.
Dit is nie bekend wat gebeur het dat die ma van die gesin, wat in daardie stadium bestuur het, op die brug beheer van die voertuig verloor het nie.

Kommentaar
Hitjivirue Haakuria
Hoekom sukkel ons as intekenaars om republikein oop te maak? Elke keer word jy gevra om aan te meld en dit sukkel nog om om oop te maak.