Duitse gesin, vlieënier sterf in vliegongeluk
Cessna 210 stort in Zambezirivier by Impalila
'n Duitse gesin se vakansie op die idilliese Impalila-eiland het gister tragies geëindig toe hulle saam met hul vlieënier in 'n vliegongeluk omgekom het.
Die polisie het teen druktyd gisteraand nog nie die name bekend gemaak van die jong vlieënier en die Duitse gesin van vier wat gesterf het toe die Cessna 210 met hulle aan boord, omstreeks 12:00 gister in die Zambezirivier by die Impalila-eiland neergestort het nie.
Die ouers en hul twee dogters was in die Chobe Water Villas op die eiland tuis en sou vandaar na die lughawe by Rundu vlieg.
Die res van hul roeteplan is nie bekend nie.
Die vlieënier, ’n vrou, was van Suid-Afrika afkomstig.
Impalila is aan die verre oostelike punt van Namibië geleë, met die Zambezirivier aan die noordekant en die Choberivier wat die suidelik grens vorm.
Die eiland het ’n lughawe met 'n 1 300 meter aanloopbaan, wat deur huurvlugoperateurs gebruik word om toeriste na die verskillende lodges op die eiland te bring. Die lughawe is 'n oorblyfsel van 'n militêre basis wat in die 1980's deur die Suid-Afrikaanse weermag gebruik is.
Die veteraan-vlieënier en ondersoeker by die direktoraat vliegtuigtuigongeluk-ondersoeke, mnr. Oskar Plichta, aan Republikein bevestig die oorledenes is lede van dieselfde gesin.
Die vliegtuig met die registrasienommer Z5-LMK behoort aan NatureWings, maar is deur Scenic Air bedryf. ’n Woordvoerder van Scenic Air wou by navraag nie enige inligting bekend maak nie.
Teen laat gister het ’n inwoner van die eiland ’n foto van ’n deel van die wrak op die oewer van die rivier, aan Republikein gestuur.
Hoofinsp. Elifas Kuwainga, polisiewoordvoerder, het aan joernaliste gesê die ongeluk het naby die Muwana-nedersetting op die eiland gebeur.
Volgens hom dui die voorlopige ondersoek daarop die insittendes is op slag dood.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie