‘Ek is dieselfde man, net sonder oë’

Aansterkingsproses verloop glad
Sem Shilongo wat blind gelaat is ná 'n skietvoorval, sê hy het nie hoop verloor nie.
Yandi Du Plessis
Elizabeth //Kheibes - Die Namibiese busbestuurder wat in ’n tragiese skietvoorval in Johannesburg, Suid-Afrika, verblind is, het vandeesweek vir die eerste keer openlik oor die voorval en die pad vorentoe gepraat.

“Die lewe moet aangaan,” het Semfried (Sem) Shilongo gesê.

In ’n emosiebelaaide onderhoud Dinsdag met ons susterkoerant Namibian Sun in die Windhoek Sentrale Hospitaal waar hy tans behandeling ontvang, het Shilongo gesê hy is nie haastig om sy “nuwe lewe” te begin waarin hy nooit weer sal kan sien nie.

“Dank die Here ek leef. Ek is dieselfde persoon, net sonder oë.

“Dit was glad nie vir my maklik nie, maar ek moet hierdie situasie waarin ek is, aanvaar. As ’n man met ’n gesin wat van my afhanklik is, moet ek vorentoe beweeg,” het hy gesê.

Shilongo, wat sy gesin se broodwinner was, het gesê sy toestand het die afgelope week verbeter en hy voel nie asof veel verander het nie.

“Soos God gesê het, daar is ’n begin en ’n einde. Met daardie woorde het ek geleer om te vergewe en aan te gaan. Ek is besig om te genees en dit is al wat saak maak,” het hy gesê.

DIE VOORVAL

Vroeër vandeesmaand is Shilongo deur die verste hoek van sy linkeroog geskiet.

Die koeël is reguit deur sy neusbeen en uit by sy regteroog, wat ten tyde van die onderhoud nog toegeswel was.

Vroeër is berig Shilongo, wat ’n busbestuurder van Okahandja was, is tydens die aanval van selfone beroof.

Hy is aangeval terwyl hy besig was om ֺ’n kwotasie van ’n motoronderdele-handelaar te kry, volgens mede-Namibiese busbestuurders wat naby aan die aanvalstoneel was.

Hy het N$7 000 op hom gehad waarmee hy vir die motoronderdele wou betaal, maar wat sy aanvallers ook gesteel het.

TOEKOMS

Shilongo het aan Namibian Sun gesê sy aansterkingsproses verloop glad danksy barmhartige Samaritane en die hospitaalpersoneel.

“Ek voel so gemaklik en tuis. My familie, vriende en gemeenskapslede is aan my sy sedert ek opgeneem is. Ek waardeer die ondersteuning wat ek van predikante gekry het en het gesien – of eerder gehoor – baie wonderwerke gebeur vir my en my familie.”

Oor wat hy vir sy lewe vorentoe beplan, sê hy: “Die toekoms sal mettertyd in plek begin val. Dit sal bepaal of ek moet teruggaan skool toe of ’n nuwe ambag moet aanleer wat my gesin se behoeftes sal onderhou. Met my sterk ondersteuningstelsel sal dinge beter gaan.”

Shilongo het bygevoeg hy wil graag by die Windhoek Sentrale Hospitaal aanbly om verdere sorg te ontvang totdat hy ten volle genees het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!