girokoptervlienier-se-gedenkdiens-mre2021-01-080
girokoptervlienier-se-gedenkdiens-mre2021-01-080

Girokopter-vlieënier het nie dag van ongeluk gedrink

Ronelle Rademeyer
Die vlieënier van die girokopter wat op 17 Desember 2020 sowat 15 km oos van Windhoek op die lughawepad neergestort en uitgebrand het, het die vorige aand gedrink en nie die dag van die ongeluk nie.

Die ongeluk het gebeur toe die vlieënier teen kragdrade vasgevlieg het.

Volgens die finale ongelukverslag van die direktoraat vir vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer was die toets vir alkohol in die bloed van die mnr. Pierre Blaauw (40) en sy passasier, mnr. Dombaldt Noa, positief.

Blaauw se bloed-alkoholvlak was 0,011 mg/dL (milligram per desiliter).

“'n Getuie het getuig die vlieënier het die aand vóór die tyd 'n bottel whisky saam met die ander insittende gedrink,” lui die verslag.

Dit blyk hoewel hulle whisky en bier by hulle gehad het toe hulle kort voor die vlug in ‘n private vliegtuigloods by die Eros-lughawe gekuier het, Blaauw nie gedrink het nie.

Hy was dus nie aangeklam of besope soos vroeër berig is nie.

Die toetse om te bepaal of daar ander psigo-aktiewe middels in Blaauw se bloed was, is nog nie gefinaliseer is.

Die Namibiese polisie se Instituut vir Forensiese Wetenskap (NPSFI) doen die toetse as deel van ‘n parallelle ondersoek na die vliegtuigongeluk saam met dié van die direktoraat vir vliegtuigongelukondersoeke.

Noa het in die ongeluk gesterf en Blaauw is later in ‘n Windhoekse hospitaal aan die veelvuldige beserings dood wat hy opgedoen het.

Daar is bevind hy het nie ten tye van die vlug oor ‘n geldige vlieglisensie beskik nie.

Republikein vra verskoning dat die indruk gewek is Blaauw was besope toe hy die vlug onderneem het, en stel graag die feite.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!