Glo geen padtekens op pad na riviermond

Tanja Bause
Die gebeure rondom die ongeluk wat in Oranjemund plaasgevind het waar ’n bakkie in die Oranjeriviermond beland het, is glo verkeerd deurgegee deur die inwoner van Oranjemund wat met Republikein gepraat het. Die man, wat glo gesien het hoe die ambulans verby jaag en agterna gery het, se inligting is verkeerd volgens nog ’n inwoner wat ook op die toneel was.

“Daar is geen padtekens op die pad soontoe aangebring nie. Wanneer jy nie van Oranjemund af kom nie, sal jy nie weet dat die pad net eenvoudig ophou nie. Daar is slegs een bord aan die kant van die water opgerig, maar daar is geen weerkaatsers op nie en as dit effens mistig is sal jy nie die bord sien nie. Die pad draai ook voor en na ’n ent sien jy eers die bord. Die man het egter nie gedraai nie, hy het net reguit gery omdat hy gedink het die pad gaan aan. Daar is geen waarskuwings op nie.”

Die bakkie het by die wal af gery, ’n sandbank getref en op sy dak in die water beland.

Duikers op die toneel het die bakkie weer op sy kop gedraai.

Volgens die polisie is die lyk van die 16-jarige Geraldine Jonker die volgende dag by die mond gevind. Sy is van Gochas afkomstig en het by ’n vriend op Oranjemund gaan kuier.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 20° | 31° Oshakati: 19° | 30° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 22° | 37° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 29° Mbabane: 12° | 28° Maseru: 14° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 20° | 29° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 15° | 23° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 14° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 16° | 25° #REF! #REF!