Helikopter het nie geldige lugwaardigheidsertifikaat

Geen toetsvlugpermit uitgereik
Antje Gesa Nauhaus het later op klagte van bedrog, die vervalsing van 'n toetsvlugpermit en strafbare manslag in die landdroshof op Swakopmund verskyn.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die helikopter wat in Julie in Swakopmund neergestort en die lewens van twee mans geëis het, het nie ’n geldige lugwaardigheidsertifikaat (CoA) vir Suid-Afrika of Namibië gehad nie.

Jacques Jacobs (54), ’n vlieginstrukteur, en Dirk von Weidts (29), ’n lugvaart-instandhoudingsingenieur, is op 19 Julie skuins voor 16:00 in die ongeluk naby die Swakopmund-vliegveld dood.

In ’n voorlopige verslag wat deur die direktoraat vir vliegtuigongelukke en –ondersoeke uitgereik is, het die helikopter ook nie ’n toetsvlugpermit gehad om toetsvlugte uit te voer nie.

Jacobs en Von Weidts was albei verbonde aan die Flying School Company op die kusdorp.

Volgens die verslag het die helikopter in Februarie 2022 in Namibië aangeland. Die Lugvaart Onderhoudsorganisasie (AMO) het aansoek gedoen vir die registrasiemerk V5-HGG om eers in Junie vanjaar bespreek te word. Die reguleerder, die Namibiese Burgerlike Lugvaartowerheid (NCAA), het die registrasie bespreek, maar ten spyte hiervan het die eienaar van die helikopter nie met die registrasieproses voortgegaan nie.

Volgens die verslag was die helikopter tydens die ongeluk steeds in Suid-Afrika geregistreer onder die Suid-Afrikaanse registrasiemerk ZS-HLG. In plaas daarvan om die oorspronklike enjin te gebruik, sê die verslag die helikopter het tydens die ongeluk ’n enjin ingehad wat voorheen aan ’n Namibies geregistreerde helikopter met die registrasiemerk V5-HJL (R44) behoort het.

Enkele dae daarna het die 34-jarige Antje Gesa Nauhaus op klagte van bedrog, die vervalsing van ’n toetsvlugpermit en strafbare manslag in die landdroshof op die dorp verskyn.

Volgens ’n polisieverslag is sy by haar huis in hegtenis geneem nadat die eienaar van Namibia Base Aviation cc ’n saak aanhangig gemaak het. Nauhaus het na bewering onregmatig vervalste en gewysigde sertifikate vir die registrasie en toetsvlugpermit aan Namibia Base Aviation uitgereik. Daar is op verskeie selfone, ses rekenaars, twee skootrekenaars en drie bokse met finansiële dokumente beslag gelê. Nauhaus se volgende hofverskyning is op 2 Oktober.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!