Motor Vehicle Accident (MVA) Fund
Motor Vehicle Accident (MVA) Fund

Hou jou kinders veilig, sê MVAF

Kinders tussen die ouderdomme van 0 en 19 jaar het vanaf 1 Januarie tot 29 Mei 2024 37% (19) van die 339 voetgangerverwante sterftes uitgemaak het.

Benewens hierdie statistieke is die ouderdomsgroep 20 tot 39 jaar verantwoordelik vir 38% van voetgangerverwante sterfgevalle.

Dit volgens statistieke wat die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) verlede week bekend gemaak het.

Die hoof van korporatiewe sake, John Haufiku, het gesê dat kinders se padveiligheidsrisiko’s snags, voor en ná skool, oor naweke en tydens vakansies toeneem wanneer hulle meer geneig is om buite te speel.

Verder is kinders tussen 0 en 19 meer kwesbaar, wat 44% (149) van voetgangerverwante ongelukke uitmaak, terwyl diegene tussen 20 tot 39 jaar 32% (110) uitmaak.

“Wees ekstra waaksaam en maak altyd seker dat kinders behoorlik in ’n motorstoeltjie, skuifstoeltjie of veiligheidsgordel vasgemaak is elke keer as jy ry,” het Haufiku gewaarsku.

Hy het verder aangeraai dat padgebruikers met omsigtigheid voortgaan, veral aangesien die meeste skole na verwagting Vrydag vir die wintervakansie gesluit het.

Die MVAF doen ’n beroep op alle motoriste, gemeenskapslede, ouers en voogde om die veiligheid van alle kinders te verseker teen verkeersverwante beserings en sterftes gedurende die vakansieseisoen.

VORIGE STATISTIEK

In Mei het die MVAF 970 ongelukke aangeteken, wat gelei het tot 147 sterftes en 1 789 beserings in die vyf maande sedert die begin van die jaar.

Die fonds het tussen 2019 en 2022 navorsing laat doen oor die oorsake van padongelukke en bevind dat 72% daarvan toegeskryf kan word aan menslike bydraende faktore, soos spoed, roekelose bestuur en bestuur onder die invloed.

Intussen hou 25% verband met pad- en omgewingsoorsake, en slegs 3% word aan voertuigverwante faktore toegeskryf.

Die MVAF doen steeds ’n beroep op alle motoriste om veilig te bestuur en by ’n spoedperk van 30 km/h in woonbuurte te hou.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!