Lokomotiewe, treinwa met mangaanerts ontspoor
Twee lokomotiewe en een treinwa het gisteroggend om 09:30 sowat 50 kilometer buite Lüderitz ontspoor.
Volgens Abigail Raubenheimer, die woordvoerder van TransNamib, het die trein 22 waens vol mangaanerts gesleep.
“Een wa het ontspoor en die mangaanerts het uitgeval. TransNamib het onmiddellik na die voorval sy noodreaksieplan ontplooi en die gebied is afgesper.”
Drie werkers wat op die trein was, is beseer en ontvang mediese behandeling. Die treinspoor is tot verdere kennisgewing gesluit. Opruimingswerk sal na verwagting ‘n paar dae neem.
In ‘n stemboodskap wat ontvang is, het ‘n man gesê die trein gee al die afgelope week probleme.
“Die trein het van Haalenberg af op pad Kolmankuppe toe probleme opgetel en met die ouens begin weghardloop. Die trein gee al die afgelope week probleme en dan doen hulle iets aan hom, maar hy bly weghardloop en dit is nou die gevolg.”
Foto's verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie