Lüderitz-woonstel in puin gelê

Tanja Bause
Een van die woonstelle wat bo die Pupkewitz Megabuild-winkel op Lüderitz geleë is, het Vrydag omstreeks 03:00 afgebrand.

Die hoof van die brandweer, David Dennis, sê die water wat van die boonste verdieping afgeloop het, het skade aan die winkel aangerig

“Pupkewitz en die regterkantse woonstel is nie deur die vlamme beskadig nie. Ons was vinnig op die toneel en kon die brand onder beheer bring voordat die vlamme verder versprei het.”

Dennis sê dit is ’n ou gebou wat nog houtvloere, -trappe en -plafonne het.

“Daar is ook ’n solderkamer en die vermoede bestaan dat die brand daar kon begin het. Die mense was tuis en het geslaap, maar hulle is ongedeerd.”

Lüderitz se dorpsraad het tans twee brandweermanne in diens wat deur 12 vrywilligers ondersteun word.

“Ons was almal daar en het die brand bestry. Ons prioriteite by ’n brand is om die brand onder beheer te kry en die verlies aan menselewens te verhoed en dit is wat ons almal saam gedoen het.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!