Ma en kind sterf in brand
Meer 20 sinkhuise is in 'n brand in Kuisebmond, Walvisbaai verwoes.
Leandrea Mouers - 'n Tragedie het die naweek in Walvisbaai afgespeel toe 'n ma (38) en haar tweejarige seun in nog 'n brand in 'n plakkershut op Walvisbaai gesterf het. Volgens insp. Ileni Shapumba, die polisie in die Erongostreek se bevelvoerder vir gemeenskapsake, het die brand omstreek 23:30 Vrydag in Kilimanjarostraat in Tutaleni ontstaan.
"Die bewering is dat die brand by een van die plakkershutte ontstaan het op erf 6669 in die plakkershut waar die oorledenes woon. Sowat tien plakkershutte het afgebrand. Die brand het ook versprei na naburige huise op die erwe 6668 en 66670 en het skade aan die huise veroorsaak en 'n verdere tien plakkershutte verwoes," het hy gesê.
Volgens Shapumba het die ma en seuntjie doodgebrand. Hulle is identifiseer as Ermerlinda Dausas (38) en haar seun Cristian Dausab (2). Dausas en haar seun het in Swakopmund gewoon en het die naweek familie in Walvisbaai besoek toe die tragedie plaasgevind het. Die oorsaak van die brand was vermoedelik 'n brandende kers. Volgens die waarnemende brandweerhoof, Ephraim Kathindi, sal die geraakte huishoudings in tente gehuisves word.
"Ons kon daarin slaag om die brand suksesvol te blus. Dit is digbewoonde gebied en 'n totaal van 20 plakkershutte het afgebrind. Die kantoor van die burgemeester sal ondersteuning soos komberse en kos aan die slagoffers verskaf," het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie