Alphonsine Mudumbi en haar agtjarige seun Christian. Foto Kenya Kambowe
Alphonsine Mudumbi en haar agtjarige seun Christian. Foto Kenya Kambowe

Ma kon nooit haar seun begrawe

Tanja Bause
Kenya Kambowe - Alphonsine Mudumbi van die dorp Rundjarara in die Kavango Oosstreek sê sy sal enigiets in die wêreld gee om haar seun weer te sien en vas te hou. Die negejarige Richard het in April verlede jaar in ‘n krokodil-aanval gesterf.

Hoewel sy vrede gemaak het met wat gebeur het, sal dit altyd by haar as ‘n ma spook dat haar eerste kind van haar weggeruk is en dat sy hom nie eens kon begrawe nie.

“Ek dink elke dag aan hom, veral wanneer ek die ander kinders in die buurt sien speel. Ek verwag soms dat hy net sal verskyn en 'Mamma!' sal roep."

Richard sou twee dae na die voorval sy tiende verjaarsdag vier en sou vanjaar 11 jaar oud wees.

Die seun is laas op die noodlottige dag gesien nadat hy en 'n vriend, as deel van hulle daaglikse take, bokke opgepas het en die diere na die rivier gelei het om water te drink. Toe die twee ook wou water drink, het 'n krokodil skielik uit die nabye riete verskyn en hulle aangeval. Terwyl die ander seun die krokodil se kake kon ontsnap, is Richard onder die water ingetrek.

Weke na die voorval kon Mudumbi nie naby die rivier kom nie, maar op 2 April vanjaar - ‘n jaar na die voorval - het sy vir die eerste keer na die rivier toe gegaan en twee ure daar deurgebring om vir haar verlore seun te bid en sing.

Sy vertel Richard wou ‘n dokter word.

"Hy was 'n opgeruimde seun en wanneer hy nie met sy take besig was nie, het hy sokker gespeel of net hier rondgehardloop. Hy was 'n gawe seun wat lief was vir almal en hulle vir hom. Ek verlang baie na hom.”

Sy bring nou elke moontlike oomblik deur saam met haar ander seun, die agtjarige Christian.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!