Man verdrink ná hy uit kano val
'n 39-jarige man het Vrydag by die Kakoro-dorpie in die Kavangostreek verdrink nadat hy vanuit 'n kano geval het terwyl hy saam met sy driejarige dogter die rivier na Angola wou oorsteek.
Hoofinspekteur Raimbert Muronga van die Kavango-Wes-polisie het die voorval, wat omstreeks 16:44 plaasgevind het, bevestig.
Die oorledene, geïdentifiseer as Aushona Ndumba, het in die modder vasgesit nadat hy in die rivier geval het. Sy naasbestaandes is in kennis gestel.
"Berigte dui daarop dat Ndumba saam met sy vrou en kinders na Angola wou gaan toe die vooval plaasgevind het. Hy was saam met sy driejarige dogter, terwyl sy vrou 'n kano gaan soek het."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie