Ter illustrasie Foto Kenya Kambowe
Ter illustrasie Foto Kenya Kambowe

Meer ongelukke, minder sterftes

Kenya Kambowe
Statistieke wat deur die Namibiese polisie verskaf is, toon dat meer motorongelukke die afgelope feestyd aangeteken is vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.

Die aantal sterftes het egter met 14% afgeneem.

Tussen 17 November 2022 en 1 Januarie 2023 het die polisie 382 ongelukke, 711 beserings en 66 sterftes aangeteken teenoor 403 ongelukke, 724 beserings en 57 sterftes vir die tydperk 17 November 2023 tot 1 Januarie 2024.

“Die jongste statistiek van verkeersongelukke toon dat daar ’n 14%-afname in sterftes is. Alhoewel dit ’n positiewe ontwikkeling kan wees, bly die algehele padveiligheidsituasie ’n bekommernis aangesien ongelukke gedurende die oorsigtydperk met 5% toegeneem het en beserings met 2%,” het adjunkkommissaris Petrus Swartz, die hoof van verkeerswetstoepassing, gesê.

“Die primêre bekommernis is die houding en gedrag van bestuurders, met gevalle van onveilige verbysteek en onvoldoende volgafstande wat algemeen voorkom,” het hy verder gesê.

“Ons doen ’n beroep op alle padgebruikers om veiligheid eerste te stel en verkeersreëls en regulasies na te kom. Kom ons prioritiseer verantwoordelike en versigtige gedrag om die welstand van almal op die pad te verseker, aangesien dit ’n gedeelde verantwoordelikheid is wat strek na alle padgebruikers, insluitend bestuurders, passasiers, voetgangers, fietsryers en perderuiters.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!