Minder mense sterf in feesseisoen
MVAF verskaf statistiek
Negentig ongelukke met voetgangers is landwyd aangemeld.
Tydens die feesseisoen het 54 mense landwyd in motorongelukke gesterf – ’n afname teenoor die 98 vir dievorige ooreenstemmende tydperk en 79 vir die 2020-2021 vakansieseisoen.
Padongelukke gedurende in die tydperk vanaf 22 November 2022 tot 2 Januarie 2023 is in ag geneem.
Volgens statistiek van die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) was daar 324 ongelukke en 398 beserings, in vergelyking met die 633 ongelukke en 746 beserings die vorige jaar.
“Vergeleke met die 2021-2022 statistiek is dit ’n afname van 15.2% in ongelukke, 15% in beserings en 45% in sterftes.”
Die Khomasstreek het met 78 ongelukke die meeste in die feesseisoen aangemeld, terwyl die agt sterftes in die Otjozondjupastreek die meeste in die land was. Dit word gevolg deur Oshikoto met sewe sterftes en vyf elk in Erongo, Khomas, Ohangwena en Oshana.
Erongo het 48 ongelukke aangemeld, met 30 in Oshikoto. Slegs een ongeluk is in Omaheke aangemeld terwyl die Kavango-Oosstreek geen ongelukke aangemeld het nie.
Altesame 90 voorvalle waarby voetgangers betrokke was, is in die tydperk aangemeld bewens die 88 botsings en ongelukke sonder voetgangers. In die Khomasstreek alleen is 34 ongelukke aangemeld wat voetgangers ingesluit het, gevolg deur sewe in die Oshikotostreek.
Altesame 86 ongelukke is aangemeld waar die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en waarin die voertuig gevolglik omgeslaan het. Sewe-en-twintig mense is in sulke ongelukke dood. Die Erongostreek het met 16 die meeste van dié ongelukke aangeteken. Volgende op die lys was 12 in Otjozondjupa en tien in die Khomasstreek.
Negentien ongelukke met vaste voorwerpe is aangemeld. Vyf hiervan het in Khomas gebeur. Twee elk is in Erongo, Ohangwena, Oshana en Oshikoto aangemeld terwyl drie in Otjozondjupa gebeur het.
Sewentien ongelukke is aangemeld waarin mense beseer is wat van ’n bewegende voertuig afgeval of afgespring het. Vier van die ongelukke het in die Erongostreek gebeur, gevolg deur twee elk in ||Kharas, Hardap, Khomas en Zambezi.
Nege ongelukke waarby diere betrokke was, is ook in die tydperk aangemeld. Vier hiervan was in die Otjozondjupastreek. Hardap, Khomas, Ohangwena, Omaheke en Oshikoto het een geval elk aangemeld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie