Die noodlottige ongelukstoneel sowat 20 km vanaf Otavi. Foto verskaf
Die noodlottige ongelukstoneel sowat 20 km vanaf Otavi. Foto verskaf

Motorongeluk eis agt lewens

Name van oorledenes nog nie bekend
Die ongeluk het sowat 20 km buite Otavi naby die B2Gold-myn plaasgevind.
Francoise Steynberg
Agt mense het gistermiddag in ‘n ongeluk op die B1-hoofweg tussen Otavi en Otjiwarongo gesterf.

Senior inspekteur Maureen Mbeha van die eenheid vir gemeenskapspolisiëring van die Namibiese polisie (Nampol) in die Otjozondjupastreek het bevestig dat agt mense op die toneel sowat 20 km buite Otavi naby die B2Gold-myn gesterf het.

‘n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat 'n voertuig wat vanaf Otjiwarongo gereis het, 'n ander voertuig verbygesteek het toe dit reg van voor met 'n aankomende sewesitplekvoertuig gebots het. Al die oorledenes was van dié voertuig.

Die name van die oorledenes sal eers bekend gemaak word nadat die oorledenes se families en naasbestaandes ingelig is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 28° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 19° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 17° | 34° Keetmanshoop: 16° | 34° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 15° | 34° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 17° | 29° Antananarivo: 16° | 28° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 37° Windhoek: 19° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 22° | 31° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 26° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!