Die ongelukstoneel. Foto verskaf
Die ongelukstoneel. Foto verskaf

Motorongeluk eis drie lewens

Nikanor Nangolo
Drie mense is dood en vier is in die hospitaal opgeneem ná ’n trompop-botsing vroeg Saterdagoggend by die informele nedersetting Nambi op die B10-pad in die Kavango-Wesstreek.

Hoofinspekteur Raimbert Muronga het die ongeluk, wat omstreeks 02:36 plaasgevind het, bevestig.

Die oorledenes is geïdentifiseer as Elion Kambinda Elion, die bestuurder van een van die voertuie; Roberth Nekongo (34), die bestuurder van die ander voertuig; en Pius Sindombe, ’n passasier. Hul naasbestaandes is reeds van hul afsterwe in kennis gestel.

Volgens Muronga word beweer dat een van die voertuie – ’n Chevrolet – die ander een reg van voor getref het. Die bestuurder van die ander voertuig – ’n Toyota-bakkie – het glo nie ’n geldige rybewys gehad nie.

“Daar word verder beweer dat die Chevrolet oos na wes gery het, terwyl die Toyota in die teenoorgestelde rigting gereis het toe die botsing plaasgevind het.

“Beide bestuurders en een passasier is gevolglik dood. Een van die bestuurders is dood met hul aankoms by die Nankudu-hospitaal,” het Muronga gesê.

Vier passasiers is ná die voorval na die Nankudu-hospitaal gehaas vir behandeling. Twee van die passasiers is onderskeidelik 21 en 22 jaar oud en die ander twee se ouderdomme is in dié stadium nog onbekend.

Muronga het bygevoeg dat die polisie steeds bewyse insamel en hulle verdere inligting oor die voorval sal verskaf soos die ondersoek vorder.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!