Motorongeluk eis vrou se lewe
Op die B2-hoofweg naby Arandis
Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor en dit het gerol en 'n ander motor getref.
’n 28-jarige vrou van Swakopmund is Vrydagaand in ’n motorongeluk op die B2-hoofweg sowat 33 km voor Swakopmund, dood.
Die oorledene, Beatrise Cathrine Brock, was saam met haar broer in die voetuig. Haar broer het ligte beserings opgedoen en is in die hospitaal behandel en ontslaan.
Die noodlottige ongeluk het omstreeks 20:00 plaasgevind.
Volgens die verslag van die Namibiese polisie, was Brock agter die stuur van die Nissan X-Trail toe dit na bewering die pad verlaat het.
"Toe die bestuurder probeer om weer beheer oor die voertuig te kry, het dit die kant van die pad hard getref en die voertuig laat rol," lui die verslag.
Die Nissan het toe op die enjinkap van ’n voertuig beland wat in dieselfde rigting beweeg het. Brock het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood.
Die ander voertuig het slegs een insittende gehad, ’n 27-jarige vrou van Windhoek, en sy het ongedeerd van die ongeluk afgekom. Haar voertuig is wel beskadig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie