Nóg 'n trein met mangaan ontspoor
Teen skemertyd die afgelope Donderdag, omstreeks 19:00 en sowat 40 kilometer buite Aus op pad na Lüderitz, het ‘n TransNamib trein ontspoor wat mangaan vanaf Suid-Afrika na laasgenoemde kusdorp moes vervoer. Van die vier spoorwegbeamptes aan boord is twee, albei mans, in die ongeluk dood.
TransNamib se woordvoerder Abigail Raubenheimer, het Vrydag die sterftes bevestig en gesê die slagoffers se families is ingelig. Die staat se spoorwegoperateur het noodhulpdienste op die ongelukstoneel ontplooi en stel ondersoek in om die oorsaak van die ongeluk te bepaal, sê sy. Volgens haar het die trein 20 waens gesleep.
’n Video wat op sosiale media die rondte doen toon dat die trein teen ’n hoë spoed beweeg het net voor die ongeluk. Die oorsaak vir die ontsporing is egter steeds onbekend.
Intussen dui inligting wat lede van Lüderitz se brandweer en ander bronne gedeel het daarop dat die twee oorledenes in die wrak vasgevang was - met die een wat eers tussen 10:00 en 10:30 uitgesny kon word. Die ander twee betrokke beamptes is na Lüderitz se hospitaal geneem vir behandeling. TransNamib het intussen bevestig dat die oorledenes die treindrywer en -inspekteur was.
Die spoorlyn is ook volgens bronne gedurende die ontsporing beskadig.
Tydens ’n vorige voorval in Februarie vanjaar het ’n trein wat 22 waens vol mangaanerts gesleep het ook sowat 50 kilometer buite Lüderitz ontspoor. Destyds is ook berig dat die betrokke trein teen ’n hoë spoed beweeg het. Daar was ook verlede jaar op dieselfde roete ’n geringe ontsporing van ‘n trein wat mangaanerts vervoer het, het Raubenheimer bevestig.
TransNamib steun sterk op die vervoer van mangaan na Lüderitz as deel van sy plan om sy vervoerkapasiteit te verhoog. Klagtes is in Februarie geopper oor die waens waarin die mangaanerts vervoer word, nie behoorlik met seile bedek word gedurende die rit deur Namibië na die kus nie. Inwoners van Aus het toe gedreig om die trein te verhoed om verder te ry as die mangaan nie behoorlik bedek word nie.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie