Ter illustrasie Foto Facebook/MVAF
Ter illustrasie Foto Facebook/MVAF

Nooddienste in Suide opgeskerp

Iréne-Mari van der Walt
Die Padongelukkefonds (MVAF) het onlangs in samewerking met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die Mariental-munisipaliteit die Mariental Emergency Medical Response Centre van stapel gestuur.

Die sentrum sal volgens die MVAF noodreaksie in die Hardap- en ||Kharasstreek langs die B1-roete opskerp en verseker dat padongelukke die nodige nood- mediese dienste ontvang binne die sogenaamde “goue uur” – die eerste uur na ’n ongeluk plaasgevind het.

Dié sentrum sal by die brandweer op Mariental gestationeer wees en sal fokus op motorongelukke en daaglikse mediese dienste aan die gemeenskap bied.

Hierdie inisiatief vorm glo deel van die vyfde pilaar in die MVAF se “Beplan vir ’n dekade van aksie” wat poog om die reaksie op padnoodgevalle en die vermoëns van nooddienste op te skerp.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!