Ongeluk eis geliefde inwoner
Henriette Lamprecht – ’n Geliefde inwoner aan die kus en bekende in motorfiets- en gimnastiekkringe, Ricci (Profitt) Erasmus, het Dinsdag tragies in ’n motorfietsongeluk naby Kapps Farm onderweg na Windhoek gesterf.
Volgens die Namibiese polisie het die ongeluk omstreeks 14:00 op die Trans Kalahari-hoofweg sowat 60 km van Kapps Farm gebeur. Na bewering het Erasmus om ’n draai beheer oor haar motorfiets verloor.
Die polisie sê haar motorfiets het ’n padversperring aan die regterkant van die pad getref, waarna sy van haar motorfiets afgeval het. Erasmus was glo saam met haar man, Rassie, van ’n motorfietssaamtrek in Suid-Afrika onderweg na Walvisbaai waar die egpaar woon. Volgens die polisie het hy voor sy vrou gery toe die ongeluk gebeur het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie