Paaie eis 147 lewens in vyf maande
Meer as 1 700 beseer
Die Namibiese Padongelukfonds (MVAF) het in die eerste vier maande van vanjaar 970 ongelukke aangeteken.
Rita Kakelo en Aurelia Afrikaner – Die Namibiese Padongelukfonds (MVAF) het vanaf 1 Januarie tot 10 Mei vanjaar 970 ongelukke aangeteken waarin 147 mense gesterf en 1 789 mense beseer is.
Khomas het die meeste ongelukke aangeteken en wel 342 (34%) gevolg deur Erongo met 134 (14%) en Oshana met 93 (10%). In Windhoek is 334 ongelukke aangemeld met 12 mense wat gesterf het en 489 wat beseer is.
Boonop het Khomas die meeste beserings aangeteken met 499 (28%), gevolg deur Erongo met 258 (14%) en Otjozondjupa met 186 (10%).
Die meeste sterftes is in Oshana aangemeld en wel 21, gevolg deur Otjozondjupa met 17 en Erongo en Kavango-Oos met 16 elk.
Volgens navorsing deur die MVAF oor die oorsake van padongelukke in Namibië word 72% van ongelukke tussen 2019 en 2022 toegeskryf aan spoed, roekelose en dronkbestuur.
“Dit wys dat menslike gedrag die primêre oorsaak van ongelukke in die land is en wat onder meer insluit spoed, onbedagsame bestuur, dronkbestuur, verbysteek op blinde hoogtes, die oorlading van voertuie en moegheid,” sê die fonds se uitvoerende hoof, Rosalia Martins-Haufiku.
“Dit wys ook deur padgebruikers se gedrag te verbeter, dat die aantal padongelukke in die land beduidend verminder kan word,” het sy gesê.
Michael Mabuku, ’n oorlewende van ’n ongeluk, het intussen die ontstellende voorval in September verlede jaar gedeel toe hy amper met sy lewe geboet het. Mabuku was saam met sy vriend en dié se vrou nadat hulle die aand uit was.
“Ons was onderweg van die Universiteit van Namibië (Unam) nadat ons die finale van ’n basketbalwedstryd gekyk het.
“My vriend het bestuur met sy vrou in die passasiersitplek langs hom. Ek het reg agter hom gesit. Soos ons die B1-verkeersligte genader het en wat vir ons groen was, het ek net gehoor hoe my vriend se vrou skree ‘oppas!’.
“’n Motor het aan die passasierskant in ons vasgejaag. Alles het swart geword. Toe ek my bewussyn herwin het, het ek op my rug in die pad gelê en gewonder hoe ek daar gekom het.
“Dit het nie ingesink dat ons pas in ’n ongeluk betrokke was nie,” vertel Mabuku.
Volgens hom was sy ribbes en sy knieskyf gebreek en het hy skaafmerke op sy rug en kop gehad.
Ten spyte van hul beserings het al drie oorleef, maar kon dit soveel erger gewees het. Hy dank God sedert die ongeluk elke dag dat Hy hul lewens gespaar het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie