No Image Caption

PAS IN: Man sterf in sweeftuigongeluk

Tanja Bause
Die 54-jarige Joern Steinbeck se sweeftuig het gister omstreeks 14:30 by Camp 15 naby Rehoboth neergestort.

Hy is op die ongelukstoneel dood.

Volgens die Namibiese polisie was hy alleen in die sweeftuig en het sy vrou die voertuig bestuur wat die sweeftuig laat opstyg het.

Na bewering het die oorledene, sy vrou en ’n vriend uit Duitsland Camp 15 besoek met die doel om die sweeftuig te vlieg. Hulle het dele van die sweeftuig van ’n man ontvang en na die kampterrein gegaan waar hulle die sweeftuig aanmekaargesit en vir die vlug voorberei het.

Volgens die polisie is die sweeftuig met ’n kontrole meganisme aan die voertuig gekoppel. Die sweeftuig word dan met die voertuig getrek en ontkoppel outomaties wanneer dit ’n sekere hoogte bereik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!