PAS IN: Twee mans dood in vragmotorongeluk buite Otavi
Twee mans is vanoggend in ’n motorongeluk op die B1-hoofweg dood nadat die bestuurder nege kilometer buite Otavi - vanaf die rigting van Otjiwarongo - beheer oor die voertuig verloor het en die vragmotor gevolglik omgeslaan het.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, adj. komm. Maureen Mbeha, is die 45-jarige Vinia Mweshitale (bestuurder) en die 44-jarige Sem Shaamwapeni Lineekela Honge op die toneel dood. Albei mans is van die Ohangwenastreek.
Die vragmotor het bokse appels vervoer en was midde ’n reis vanaf Kaapstad na die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK).
“Die oorledenes se liggame is na die Otavi-staatslykhuis gevat en sal verder na die polisielykshuis op Otjiwarongo vervoer word,” lui ’n verslag van die Namibiese polisie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie