#PasIn: Motorongelukke eis twee
Twee Namibiërs is die naweek in ongelukke oorlede wat na bewering deur roekelose bestuur veroorsaak is.
'n Sewejarige seun is op slag op Omuthiya dood toe sy 63-jarige oupa 'n dubbelkajuitbakkie in trurat gery het. Die seun het vermoedelik aan kopbeserings beswyk en die verdagte sal na verwagting môre in die Ondangwa-landdroshof verskyn.
In Mariental is 'n 27-jarige man in hegtenis geneem ná hy glo sonder 'n rybewys en onder die invloed van alkohol bestuur het. Sy roekelose bestuur het na bewering tot die dood van 'n ander man gelei, wat aan kopbeserings beswyk het.
In ‘n ander voorval is 'n man (26) in 'n stabiele toestand ná hy na bewering deur 'n 30-jarige man op Ongwediva met 'n motor getref is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie