No Image Caption

#PasIn: Paaie eis vyf tydens Paasnaweek

Iréne-Mari van der Walt
Vyf mense is gedurende die Paasnaweek in motor- en padongelukke oorlede.

'n Vierjarige en negejarige is onderskeidelik in Onayena en Outjo dood.

In Onayena het 'n pa na bewering sy motor buite die huis parkeer ná hy van die werk by die huis aangekom het. Hy het daarna glo die huis binnegegaan en sy kinders, wat naby die motor was, buite gelos. Terwyl hy binne was het hy glo 'n gehuil gehoor en na buite gehaas. Hier het hy na bewering gesien dat een van die twee kinders op die grond sien lê met bloed op sy kop. Die kind is na die naaste hospitaal geneem, maar is daar dood verklaar.

In Outjo het 'n 41-jarige vrou glo beheer verloor van die voertuig wat sy bestuur het en 'n negejarige seuntjie het beswyk toe die motor gerol het. Die ander passasiers (onderskeidelik vier jaar, vyf jaar en 54 jaar) is na die hospitaal geneem vir die behandeling van hul beserings.

Een persoon is op Karibib oorlede toe 'n trein met 'n dubbelkajuit bakkie met 14 persone aan boord gebots het.

In Windhoek en Groot Aub onderskeidelik is twee voetgangers doodgery.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!