Plaaslike lorriedrywer sterf op SA pad

‘n Namibiese vragmotorbestuurder is Woensdag in ’n ongeluk op die N4-pad tussen Zeerust en Swartruggens in Suid-Afrika se Noordwes-provinsie dood.

’n Ander vragmotor was ook in die ongeluk betrokke.

Die Namibiese slagoffer het ’n Maritz Transport-vragmotor bestuur en sy liggaam was ten tyde wat die Noordwes-provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur ’n mediaverklaring oor die voorval uitgereik het, in die wrak vasgekeer. Die ander vragmotorbestuurder wat in die ongeluk betrokke was, het glo ligte beserings opgedoen.

Die pad is tydelik gesluit en motoriste is versoek om alternatiewe paaie te gebruik.

Mnr. Sello Lehari, ‘n lid van die departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur se uitvoerende raad, het sy innige medelye met die slagoffer se familie betuig.

Hy het ook ’n beroep op motoriste gedoen om veilig te bestuur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer