Roekeloosheid vier hoogty
Die Namibiese polisie het vyf gevalle verwand aan roekelose bestuur oor die naweek aangemeld.
Op Tsandi is 'n man aangekeer na hy glo sonder 'n rybewys bestuur het. Een passasier van 25 jaar is oorlede. Die ander, 'n 29-jarige, is ernstig beseer. Die drywer en die beseerde passasier is na die Tsandi hospitaal gehaas vir behandeling van ernstige beserings. 'n Saak van strafbare manslag, roekelose bestuur en bestuur sonder 'n rybewys is geopen.
'n Polisiebeampte is beseer toe 'n man haar glo met sy vuis geslaan het en haar bril 'n wond bo haar oog en op haar wang gelaat het. Die verdagte is glo afgetrek vir 'n oortreding en is gevra om 'n asemtoets te doen. Hy het luidens die polisieverslag weggery en die polisie het hom agternagesit. Toe die polisie hom later wou in hegtenis neem het hy glo die polisiebeampte geslaan. Sy is na die hospitaal geneem en is ontslaan na sy steke gekry het.
In Okahandja is 'n man aangekla van roekelose bestuur na hy beheer verloor het oor sy Nissan-bakkie weens die swak toestand van die pad. Die 23-jarige drywer en sy passasier is na die Okahandja staatshospitaal geneem vir die behandeling.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie