Theo op pad na SA-hospitaal
Dit gaan “onder omstandighede” goed met Theo Borstlap (68), die bekende sakeman en eienaar van Theo’s Superspar & Tops wat Donderdag omstreeks 16:00 ernstige brandwonde op sy plaas buite Otjiwarongo opgedoen het.
“Theo wou ‘n miershoop opblaas wat teen die elektriese draad gestaan het. Hy het dit oopgekap en ‘n petrol-en-watermengsel ingegooi. Die water het na die drade toe geloop en ‘n vonk gemaak wat die miershoop laat ontplof het,” het sy vrou, Corlia, in ’n Facebook-plasing verduidelik.
“Theo het aan die brand geslaan en soos hy gehardloop het, het hy die veld aan die brand gesteek. Hy is na Otjiwarongo geneem, maar daar was nie ‘n dokter wat hom kon help nie en hulle het met hom Windhoek toe gejaag,” volgens ‘n stemgreep wat op WhatsApp rondgestuur is.
Theo het brandwonde oor 60% van sy liggaam – hoofsaaklik aan die voorkant – opgedoen.
“Gelukkig het sy gesig nie gebrand nie,” het sy skoonseun, Jacques Celliers, gesê.
Die familie moes gister ‘n vliegtuig vanuit Suid-Afrika laat kom sodat Theo na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem kon word omdat geen vliegtuie plaaslik beskikbaar was nie.
“Theo is stabiel, maar kritiek. Onder die omstandighede gaan dit eintlik baie goed met hom. Hy is van die ventilator af en haal self asem. Ons sien elke dag ‘n klein verbetering, maar ons weet ook hy is nog lank nie buite gevaar nie. Hy was net vir ‘n kort rukkie onder verdowing vir die pyn, maar hy is nou wakker en ons praat met hom en hy kommunikeer met ons.”
Die nuus van die ongeluk het Corlia swaar getref en sy is ook in die hospitaal opgeneem.
“Sy is oukei en sy het Saterdag by ons oornag. Sondag het sy Otjiwarongo toe en terug gery om haar goed te pak sodat sy saam met Theo Suid-Afrika toe kan vlieg. Al die kinders is hier en selfs sy dogter wat in Nieu-Seeland woon het reeds in Suid-Afrika aangekom. Sy wag nou in Johannesburg omdat hy op pad soontoe is.”
Die familie het almal bedank wat die Borstlap-gesin in hulle gedagtes hou en vra dat mense verder vir hulle sal bid.
“Ons sien die vordering, maar daar is baie genesing wat nog moet volg en mense moet asseblief veral vir Theo in hulle gebede hou en aan hom dink.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie