Ten families lost most of their belongings in a shack fire. Photo: Adam Hartman
Ten families lost most of their belongings in a shack fire. Photo: Adam Hartman

Tien plakkershuise in ligte laaie

‘Sterk wind laat vlamme vinnig versprei’
'n Brand vernietig talle plakkershuise in die Hanganeni-woonbuurt in Swakopmund en laat sommige families met niks.
Adam Hartman
’n Brand het Vrydag in die Hanganeni- woonbuurt in Swakopmund gewoed en sowat 10 huishoudings het al hul besittings verloor.

’n Eienaar van een van die plakkershuise wat agter in ’n erf geleë was, is hospitaal toe geneem nadat sy by haar huis ingestorm het in ’n poging om haar besittings te red. Geen verdere beserings of sterftes is aangemeld nie.

’n Ooggetuie, mnr. Helmut Kavendjii, sê hy het die rook tydens sy etensuur opgemerk en het daarna na die gebied gehardloop om te help om die vlamme te blus.

Die polisie het bevestig 10 strukture het afgebrand.

“’n Sterk wind het veroorsaak dat die vlamme vinnig versprei het. Dankie tog vir die mense wat gehelp het om van my goed uit my huis te kry voor alles vernietig is.”

Só sê mnr. Reuben Gonteb wat vir twee jaar in een van die huise gewoon het.

Hoewel die vlamme spoedig versprei het, is die brand vinnig onder beheer gebring danksy die vinnige reaksie van vrywilligers – insluitend kinders – en die Swakopmund-brandweer.

Volgens die polisie is die oorsaak van die brand nog onbekend, maar ondersoeke duur voort.

Mnr. Sean Naude van die Namibiese Marshall Rangers, wat op die toneel gehelp het, het gesê getuies vermoed 'n kind wat met vuurhoutjies gespeel het, het die brand begin.

Me. Ingrid Gawises het aan Erongo 24 gesê haar skoondogter het pas haar twee weke oue baba vir haar gegee om na te kyk voordat die vlamme die skoondogter se huis verswelg het.

“Sy het die baba vir my gegee en vir haar ander kind gaan soek. Toe sy terugkom was haar hut in vlamme gehul. Die vlamme het alles vernietig – die bed, kos, klere, komberse – alles.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!