Twee dood, 13 beseer in vragmotorongeluk

Rita Kakelo
Twee mense het Dinsdag hul lewens verloor in ’n tragiese ongeluk waarby ’n vragmotor op pad na Zambië betrokke was.

Die voorval het kort ná 18h00 by die kruising van Auasweg en Sean McBridestraat plaasgevind.

Senior superintendent Adam Eiseb van die Windhoekse polisie het die ongeluk bevestig en gesê dat die vragmotor na bewering remprobleme ervaar het, wat gelei het tot ’n botsing met sewe voertuie.

“Dertien mense was betrokke, met twee sterftes, en verskeie ander het beserings opgedoen wat wissel van gering tot ernstig. Nooddienste het alle beseerdes na nabygeleë hospitale vervoer vir behandeling. Ons het intussen die toneel aan speurders van Nampol [Namibiese polisie] oorhandig,” het Eiseb gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!