Twee onderwysers, ses leerlinge beseer in botsing by Bahnhof
Twee onderwysers en ses leerlinge is beseer toe twee voertuie Donderdagoggend by die kruising by Bahnhof naby Rehoboth gebots het.
Een voertuig was met vyf hoërskoolleerlinge vanaf Bahnhof na Rehoboth onderweg en in die ander voertuig was twee onderwysers met een leerlinge op pad na die plaasskool by Esib, sê mnr. Angelo Groenewald, eienaar van 'n insleepdiens op Rehoboth.
Hy sê die twee onderwysers en ses leerlinge is vir behandelinge na die St. Mary's Hospitaal op Rehoboth geneem.
Dit blyk die een onderwyseres se beserings is ernstiger van aard, terwyl die leerlinge ligte beserings opgedoen het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie