Twee sterf in helikopterongeluk
Twee mans is Maandag in ’n helikopterongeluk naby die Swakopmund-vliegveld dood.
Die oorledenes is as Jacques Jacobs (54), ’n vlieënierinstrukteur, en Dirk von Weidts (29), ’n lugvaart-instandhoudingsingenieur, geïdentifiseer. Volgens die ongeluksverslag het die ongeluk omstreeks 15:53 oos van die Swakopmund-vliegveld gebeur. Na bewering het die vlieënier en die ingenieur – albei van die Flying School Company op Swakopmund – nuwe rotorlemme aan die helikopter aangebring.
Nadat die werk voltooi is, het hulle glo die helikopter vir ’n toetsvlug geneem. Die vlieënier het na bewering beheer oor die helikopter verloor, wat tot ’n katastrofiese verlies aan stabiliteit en tot die daaropvolgende ongeluk gelei het. Speurders en plaaslike lugvaartinspekteurs ondersoek tans die ongelukstoneel en doen voorlopige ondersoeke om die omstandighede rondom die tragiese voorval op te klaar.
• Von Weidts was vanjaar nog as ’n rugbyspeler van Dolphin aktief en het bygedra dat dié Swakopmund-klub tans onoorwonne boaan sy groep in die NRU se eerste liga is. Hy het tevore as losskakel vir Walvisbaai-rugbyklub goeie spel gelewer en is in 2017 deur die destydse afrigter van die Welwitschias, die Wallieser Lyn Jones, betrek om ’n paar provinsiale wedstryde in die destydse SuperSport-uitdaagreeks te speel.
Hy het die volgende jaar ook ’n paar premierligawedstryde vir die Windhoekse klub Wanderers gespeel. Dolphin en verskeie ander rugbyklubs het hul medelye met die jonk getroude Von Weidts se weduwee Tivian, familie en vriende betuig.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie