Foto Verskaf
Foto Verskaf

Vier sterf in motorongeluk op B1-hoofweg

Padongelukke eis nog drie lewens
Kristien Kruger
Vier mense is dood nadat 'n sewesitplekvoertuig waarin hulle gery het kop-aan-kop met 'n ander voertuig gebots het. Die ongeluk het 40 kilometer van Otjiwarongo op die B1-hoofweg plaasgevind.

Voorlopige inligting in 'n poisieverslag dui daarop dat die ander voertuig ‘n vragmotor verbygesteek het en met die sewesitplekvoertuig gebots het. Die liggame moes met die kake van die lewe verwyder word.

TWEE DOOD IN ONGELUK BUITE RUNDU

In 'n ander ongeluk sowat 40 km buite Rundu in die rigting van Grootfontein het 'n voertuig se agterband gebars en verskeie kere omgerol. Volgens 'n polisieverslag is twee mense op die toneel dood verklaar en ses mense met beserings na die staatshospitaal op Rundu vervoer.

"Maak asseblief seker dat jou bande in 'n goeie toestand is en eweredig opgepomp is teen die regte druk vir die vrag en padtoestande," waarsku NamStrong in'n plasing op sosiale media.

NOG 'N STERFTE OP USAKOS-KARIBIB-PAD

Nog 'n kop-aan-kop-botsing het tussen Usakos en Karibib plaasgevind waartydens een van die bestuurders - 'n 41-jarige Namibiese vrou - dood is. Twee mense was saam haar in die voertuig en albei is met 'n ambulans na die staatshospitaal op Usakos geneem

Die bestuurder van die ander voertuig was alleen in die kar en het ook ernstige beserings opgedoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!