No Image Caption

Vliegtuig met vyf aan boord val op Impalila-eiland

Ronelle Rademeyer
’n Ligte vliegtuig het laatoggend op die Impalila-eiland in die Zambezistreek neergestort. Naas die vlieënier was daar vier mense aan boord, vermoedelik almal toeriste.

Mnr. Oskar Plichta, veteraan-vlieënier en vliegtuigongelukondersoeker, het die ongeluk bevestig, maar gesê geen ander inligting is nog beskikbaar nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer