Vrou verdrink glo ná ongeluk
Man is blykbaar ongeskonde
Die ongeluk het glo by die Oranjerivier se mond plaasgevind.
’n Vrou het na bewering Saterdagaand op Oranjemund verdrink nadat ’n bakkie, waarin sy vermoedelik ’n passasier was, in die see beland het.
Die ongeluk het glo by die Oranjerivier se mond plaasgevind.
Volgens ’n inwoner van die dorp word die Diamantfees al vir ’n week lank op die dorp gevier.
“Dis net ’n rede om te suip. Ek het vanoggend gaan draf en die bier- en drankbottels en kondome oral op en langs die pad sien lê. Dit was walglik. Ek het my vrou gaan haal om vir haar ’n interessante plant te wys toe die ambulans by ons verby jaag. As daar in Oranjemund ’n ambulans jaag, weet jy dit is iets groots.”
Hulle het agterna gery en by die mond die eerste noodvoertuig gesien.
“Die insleepdienste was ook al daar, so ook baie mense. Die man moes met ’n helse spoed gery het. Hy het oor die hele parkeerarea gery en daar is baie borde wat jou waarsku dat die pad tot ’n einde kom.
“Daar is ook ’n vyf tot sewe meter hoë sandwal. Hy is net daar af en in die water in. Dit het Saterdagnag iewers gebeur en hulle het Sondagoggend die vrou se lyk by die mond gekry. Die man het blykbaar niks oorgekom nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie