119 huise oorhandig in Swakopmund

Precious Nghituanapo
Meer as 100 voltooide huise is Maandag amptelik in Swakopmund oorhandig as deel van die ontwikkelingsprogram vir massabehuising.

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, meen dit is ’n betekenisvolle prestasie in die voortdurende pogings om behuisingstekorte in Namibië te takel.

Uutoni het daarop gewys dat verskeie struikelblokke oorkom moes word wat voorheen die konstrukie op dié terrein tot stilstand gebring het.

“Daar was altesaam 505 wooneenhede wat jare lank onvoltooid op hierdie perseel gestaan ​​het weens ’n regsdispuut tussen die hoofkontrakteur en sy subkontrakteurs,” vertel Uutoni en het sy dankbaarheid uitgespreek oor die betrokke partye se toewyding om die eenhede voor skedule te voltooi.

Die voltooiing van hierdie 119 huise is deel van ’n groter inisiatief wat ten doel het om bekostigbare behuising oraloor Namibië te lewer.

“Ingevolge die ontwikkelingsprogram vir massabehuising, is altesaam 4 446 behuisingseenhede tot op hede gelewer,” het Uutoni aangekondig en die regering se verbintenis tot behuising as ’n topontwikkelingsprioriteit beklemtoon.

Die goewerneur van die Erongostreek, Neville Andre, het die samewerkende aard van dié prestasie beklemtoon met erkenning aan verskeie belanghebbendes, insluitend die regering, Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), die private sektor en gemeenskapslede.

“Ondanks die uitdagings wat ons in die gesig gestaar het, insluitend vertragings en kontrakteursgeskille, het ons hierdie huise suksesvol oorhandig en dit bring vreugde en stabiliteit aan 119 gesinne,” het Andre gesê.

Uutoni het ook die leierskap van vorige presidente geprys en gewys op hul bydrae tot die ontwikkeling van behuising in Namibië.

“Die visioenêre leierskap en spanwerk op implementeringsvlak, het gelei tot die lewering van hierdie huise,” het Uutoni bevestig.

Hy het verder verduidelik dat die ministerie daartoe verbind is om die oorblywende 572 wooneenhede oor verskillende streke te voltooi, insluitend 186 bykomende eenhede in Swakopmund.

Pogings is glo aan die gang om uitstaande geskille op te los en konstruksie te bespoedig, om sodoende die oorhandiging van huise aan behoeftiges te verseker.

Die adjunkvoorsitter van die NHE se raad, Hasting Tjipueza, het die organisasie se toewyding tot behuisingsvoorsiening herhaal.

“Die NHE is ten volle bewus van die reusetaak voor ons,” het Tjipueza erken en belowe om momentum in die lewering van behuising te handhaaf met die ondersteuning van sleutelbelanghebbendes.

“Die oorhandiging van hierdie 119 huise, verteenwoordig nie net die voorsiening van skuiling nie, maar is ook ’n stap in die rigting van die bevrediging van die behuisingsbehoeftes van Namibiërs. Met volgehoue ​​samewerking en vasberadenheid poog belanghebbendes om op hierdie sukses voort te bou en behuisingsuitdagings landswyd verder te verlig.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.48 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.29 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.55 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.98 | USD to NGN 1495 | USD to ZAR 18.19 | USD to ZMW 24.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.82/OZ UP +0.30% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.33% | Zinc US$ 2 977.40/T UP 1.22% | Brent Crude Oil US$ 86.51/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 1 009.98/OZ UP +1.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.48 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.29 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.55 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.98 | USD to NGN 1495 | USD to ZAR 18.19 | USD to ZMW 24.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.82/OZ UP +0.30% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.33% | Zinc US$ 2 977.40/T UP 1.22% | Brent Crude Oil US$ 86.51/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 1 009.98/OZ UP +1.93%