300 000 entstowwe vernietig
Net 23% van teikenbevolking ingeënt
Meer as vier uit tien Namibiërs sê hulle sal hulle nie teen Covid-19 laat inent nie.
Henriette Lamprecht
Met net 23% van die geteikende bevolking in Namibië wat ten volle ingeënt is, het die land teen Dinsdag 840 700 dosisse Covid-19-entstof in voorraad gehad waarvan tienduisende vanjaar sal verval.
Sedert die aanvang van Namibië se landwye inentingsveldtogte teen Covid-19 verlede jaar het byna 300 000 dosisse verval en in onbruik geraak.
Volgens die hoof van die land se Covid-19-taakspan, me. Petronella Masabane, verval 42 000 dosisse AstraZeneca aan die einde van Mei. Sy het beklemtoon dié getalle is bloot beramings, omdat van die voorraad daagliks vir inentings gebruik word.
“Voorraad wat gaan verval, kan afhangend van die aanvraag nog voor die vervaldatum toegedien word,” het sy gesê.
Tydens Masabane se verskaffing van die jongste voorraadsyfers het Namibië 425 000 dosisse Sinopharm gehad wat eers in die middel van aanstaande jaar verval.
Die 330 000 dosisse Johnson & Johnson verval onder meer in Oktober vanjaar en in die middel van 2023. Die vervaldatum vir 43 700 Pfizer-entstowwe is in September.
Teen gister was 414 672 inwoners ten volle ingeënt, wat 23% van die teikenbevolking van sowat 1,8 miljoen is. Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het 61 413 mense ook ’n onderskragingsdosis gekry.
Meer as vier uit tien inwoners (43%) sê egter in ’n opname deur Afrobarometer hulle sal hulle nie teen Covid-19 laat inent nie. Dit sluit 29% in wat dit as “baie onwaarskynlik” beskou.
Die meerderheid se hoofrede is kommer oor die veiligheid van die entstowwe.
Uit die deelnemers aan die opname het 27% gesê hulle is ingeënt, met dieselfde persentasie wat “ietwat geneig” is om hulself te laat inent.
Net vier uit 10 Namibiërs vertrou die regering “tot ’n mate” om die veiligheid van entstof te verseker. Inentingskoerse is hoër onder mans (31%) en inwoners van stede (30%) as onder vroue (24%) en landelike inwoners (24%).
Inwoners ouer as 45 jaar is twee keer meer geneig as jong volwassenes om ingeënt te word, terwyl dit hoogs geleerde inwoners eerder as die met minder formele opleiding is wat kies om hulle te laat inent. Die armste inwoners is die minste geneig om hiervoor hul mou op te rol, met weerstand teen die entstof wat hoër is onder vroue. Weerstand teen die entstof is volgens die opname nege keer meer algemeen onder die groep wat “geen vertroue” in die regering oor die veiligheid daarvan het nie, in vergelyking met die groep wat die regering hierin met “baie vertroue” bejeën.
Die nasionale positiwiteitskoers vir Covid-19 het gister op 27,2% van toetse gestaan, met 595 nuwe gevalle wat Woensdag in 12 streke aangeteken is. Dit sluit 129 leerlinge, 21 gesondheidswerkers, 17 studente en 16 onderwysers in.
Die aktiewe gevalle was gister 2 164, waarvan 73 in die hospitaal en vyf in die ICU was.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie