ACC-inspekteur se getuienis onder die loep
Fishrot: Borgaansoeke
In voorverhoorverrigtinge van die hoofverhoor in die Fishrot-korrupsiesaak het verteenwoordigers aansoek gedoen vir die regter om te onttrek.
Die verdediging het gister tydens die aansoek om borgtog van ses van die Fishrot-beskuldigdes gepoog om die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se hoofinspekteur Andreas Kanyangela en die ACC se ondersoek te ondermyn.
Adv. Vas Soni van Suid-Afrika, wat vir James Hatuikulipi, Sacky Shanghala en Pius Mwatelulo verteenwoordig, het Kanyangela veral uitgevra oor ’n verandering wat hy op sy verklaring aangebring het.
Sy eerste verklaring wat op 24 November by die hoërhof ingedien is, het die volgende bevat: “Die ACC het bewerings van korrupsie, geldwassery en bedrog ondersoek.”
Dié deel is nie in sy tweede verklaring, wat op 27 November ingedien is, ingesluit nie.
Soni beweer Kanyangela het Bernard Esau se verklaring gesien waarin hy aanvoer dat die ACC volgens die strafprosesreg nie die mag het om sake verwant aan die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca) te ondersoek nie; dit sluit in geldwassery en bedrog. Soni sê Kanyangela het hierna sy verklaring gewysig.
Hoewel Kanyangela gesê het dit was ’n oorsigfout, het Soni hom daarvan beskuldig dat hy dit opsetlik verander het.
“Jy was van plan om hierdie hof te mislei,” het Soni vir hom gesê.
Kanyangela het dit ontken.
Volgens Esau se verklaring het die ACC ook nie die mag om lasbriewe vir inhegtenisnemings uit te reik nie.
Shanghala, Hatuikulipi en Mwatelulo, wat verkies het om nie die getuiebank in te neem nie en slegs geskrewe verklarings ingedien het, het ook in hul verklarings aangedui dat die ACC nie die mag gehad het om klagte van geldwassery en bedrog te ondersoek nie.
AANSOEK VIR
REGTER OM TE ONTTREK
In die hoofverhoor het al nege Fishrot-beskuldigdes gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge.
Hiertydens het Ricardo Gustavo en Esau se verteenwoordiger, mnre. Trevor Brockerhoff en Florian Beukes, ’n aansoek ingedien vir waarnemende regter Kobus Miller om homself van die saak te onttrek.
Die Fishrot-saak is deur die regterpresident aan Miller aangewys om verdere voorverhoorverrigtinge en die verhoor te behartig.
Brockerhof het reeds met die vorige verrigtinge aangedui hulle is nie tevrede met die regter se aanstelling nie aangesien Miller by Gustavo se aansoek om borgtog betrokke was.
Die aansoek sal op 12 April aangehoor word.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie