Afgetrede verpleegsters weer in diens geneem
Onder die ouderdom van 67 jaar
Die tydelike kontrakte wat wissel van drie tot ses maande kan weer hernu word.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het 278 afgetrede verpleegsters oraloor die land in diens geneem om ’n tekort aan gesondheidspersoneel te takel.
Die verpleegsters se tydelike kontrakte wissel van drie tot ses maande.
Volgens die uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, is die ministerie sedert verlede jaar besig om bykomende personeel – veral gesondheidswerkers – in diens te neem as deel van die reaksie tot die Covid-19-pandemie en ook om die land se tekort aan werksmag te bowe te kom. Volgens hom kan die tydelike kontrakte hernu word volgens die ministerie se behoeftes.
“Die ministerie het in die proses afgetrede verpleegsters onder die ouderdom van 67 jaar gewerf.
“Weens hul vatbaarheid vir siektes, word hulle uit die Covid-19-sale gehou en word meestal gebruik vir inentings. Die verpleegsters is ook in diens geneem om nuwe gegradueerde personeel te mentor en te lei,” het hy gesê.
Nangombe sê die verpleegsters kwalifiseer vir ’n minimum salaris van ’n geregistreerde of ingeskrewe verpleegster. Dit wissel van N$18 000 tot N$26 000 vir ’n geregistreerde verpleegster en tussen N$10 000 tot N$15 000 vir ’n ingeskrewe verpleegster. Voordele sluit in verlofdae (siek-, menslikheids- en gewone verlof), maatskaplike voorsorgfonds, vervoer en ook ’n behuisingstoelaag.
Me. Anitha Hummel, ’n afgetrede, ingeskrewe verpleegster en vroedvrou van 38 jaar, het aan Nampa gesê toe sy deur die ministerie midde die pandemie gevra is om weer ’n diens te lewer, het sy nie gehuiwer nie. Haar eerste gedagte was dat pasiënte haar hulp nodig het.
Volgens Hummel gee sy nie om om haar gesondheid op die spel te plaas nie, omdat die land professionele gesondheidslui benodig. Sy beskou die geleentheid om afgetrede verpleegsters weer in diens te neem, as ’n noodsaaklikheid.
“Vandag se jong verpleegsters is nie so toegewy soos ons voorgangers nie. Hulle het nie tyd vir hul pasiënte nie.
“Mense wat in my era met verpleging begin het, het hul pasiënte ’n prioriteit gemaak en sou enigiets doen om hulle gemaklik te maak en aan hulle die nodige gesondheidsorg te bied. Dit is waarom ek terugkeer. “Ek sal voortgaan as die geleentheid hom voordoen om my kontrak te hernu,” het sy gesê.
Hummel het beklemtoon verpleging is ’n roeping en dat mense in die beroep hul tyd en energie aan hul pasiënte moet wy, veral in die huidige moeilike omstandighede, om dit makliker te maak vir dié wat dit werklik nodig het.– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie