Air Nam-werkers pleit oor hul geldelike verknorsing
640 wag nog op skeidingslone
Augetto Graig
Voormalige werknemers van Air Namibia het Donderdag die adjunkminister van finansies, me. Maureen Hinda, gesmeek om by die uitbetaling van skeidingslone in te gryp.
Sedert die likwidasie van die nasionale lugredery in Februarie 2021 kry 640 huishoudings swaar.
Mnr. Renier Bougard het namens die voormalige werknemers se skeidingsloonkomitee die adjunkminister ingelig oor die stryd wat die geraakte werknemers nou moet voer.
“Altesaam 640 gesinne het hul inkomste deur die likwidasie verloor,” sê hy.
“Ons wag sonder dat ’n einde in sig is.”
Slegs tussen 10 en 15 van die oudwerkers kon weer werk vind, volgens Bougard.
“Dit laat my voel ek is nie ’n Namibiër nie. Ná 22 jaar van diens verdien ek nie sulke behandeling nie. Ek het 22 jaar van my lewe op daardie maatskappy gemors. Ek wil nou my verhouding beëindig. Ek het die sertifikaat van diensbeëindiging, maar nie my skeidingsloon nie. Ek het ’n brief wat sê N$388 000 word aan my verskuldig, maar ek kan nie my kinders daarmee voed nie,” sê hy.
“Ons is in ’n desperate situasie,” sê hy.
“Ek pleit met u eerbare, betaal ons geld sodat ek my verhouding [met Air Namibia] kan beëindig.”
“Air Namibia bestaan nie meer nie en weens die impak van die pandemie wil niemand in die bedryf nou ou vliegtuie koop nie.
“Alhoewel ons ’n ex gratia-uitbetaling vanaf die regering ontvang het, was belasting volledig daarvan afgetrek. Ons het ook nie belastingsertifikate daarvoor ontvang nie, wat ons benodig om by u ministerie in te dien. Niemand kan ons help nie,” sê hy.
Hy sê belasting is ook van die werknemers se pensioenfondsuitbetalings afgetrek, en hulle vra die adjunkminister se hulp om dié betaling terug te eis.
Die vergadering by die ministerie se hoofkantoor in Windhoek kom nadat die parlementslid en nuut-aangestelde UPM-president, mnr. Jan van Wyk, vroeër dié kwessie in die parlement geopper het.
Van Wyk en die sekretaris-generaal van die UPM, me. Celeste Becker het ook die vergadering bygewoon.
Bougard het gevra dat die ministerie druk op die likwidateurs, Bruni en McLaren, moet plaas om so spoedig moontlik die skeidingsloongelde gedeeltelik uit te betaal.
“Ons het nog net een keer met die likwidateurs ontmoet, toe het hulle gesê daar is nie genoeg geld om al die skeidingslone te dek nie. Hulle het ook geweier om ’n tydelike betaling te doen, al is ons ’n verkose skuldeiser. Ons sou eerder die helfde van die geld nou kry om ons self te kan onderhou,” het hy gesê.
Hy sê daar is ’n gebrek aan kommunikasie tussen die oudwerknemers en die likwidateurs, wat gebruik sou kon maak van die voormalige Air Namibia-personeel se kennis van geld in buitelandse lugrederye se rekeninge.
Hy sê hulle weet onder meer van buitelandse bankrekeninge in Nigerië, Angola en Duitsland.
Een voormalige werknemer het glo ook die noodsaaklike wagwoorde en verhouding om N$38 miljoen gehou deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) terug te kan eis, sê hy.
Hinda het gesê sy verstaan en het meegevoel met die werknemers. “Natuurlik was likwidasie iets wat niemand regtig wou hê nie. Ons is almal Namibiërs en verdien almal gelyke behandeling. Daar is wetlike beperkings met likwidasie, maar ons sal die kwessie ondersoek en onder meer met die prokureur-generaal se kantoor praat,” het sy gesê.
Die belastingkwessies sal spoedig interne aandag geniet, sê sy.
“Ons sal van ons kant na die belastingkwessies, die sertifikate en belastingaansporings kyk, om te bepaal hoe ons julle halfpad kan ontmoet. Ek verstaan die angs, maar moet nie voel die jare (van diens) is gemors nie,” het sy gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie