Gemeenskapsaktiviste van Windhoek, Okahandja en Rehoboth by die mediakonferensie wat Maandag in Windhoek gehou is. Foto Aurelia Afrikaner
Gemeenskapsaktiviste van Windhoek, Okahandja en Rehoboth by die mediakonferensie wat Maandag in Windhoek gehou is. Foto Aurelia Afrikaner

Aktiviste eis optrede in dorpe

Aurelia Afrikaner
’n Groep gemeenskapsaktiviste het onlangs hul stemme dik gemaak omdat hulle meen hul pogings om planne vir dorpsontwikkeling te takel, val op dowe ore.

Dit is glo ten spyte van skriftelike korrespondensie en versoeke vir vergaderings.

Dié kwessie is geopper in verband met die ontwikkelingsplanne vir verskeie dorpe oraloor die land, naamlik Windhoek, Okahandja, Rehoboth, Otjiwarongo, Katima Mulilo, Tsumeb, Mariental, Gobabis, Walvisbaai, Grootfontein en Khorixas.

Sewe gemeenskapsaktiviste het Maandag hul besware hierteen geopper tydens ’n mediakonferensie wat die groep in Windhoek gehou het.

Die groep het aangevoer dat hulle nie daarin kon slaag om ’n vergadering met president Nangolo Mbumba, visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah of die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, kon belê om hul bekommernisse te takel nie.

“Ons het ons besware oorgedra aan die kantoor van die president se uitvoerende direkteur, Grace Uushona, wat ons verseker het van ’n reaksie binne sewe dae. Byna ’n maand later het ons geen terugvoer ontvang nie,” het een van die gemeenskapslede gesê.

Die verteenwoordiger van Rehoboth, André Pretorius, het volgehou daar is groot sistemiese mislukkings deur munisipaliteite en dorpsrade.

“Basiese dienslewering is in absolute wanorde, wat gemeenskappe laat worstel met die gevolge van ondoeltreffende bestuur.”

Die groep het ook korrupsie, oneerlikheid en ’n gebrek aan aanspreeklikheid as erntige kwessies uitgelig.



MOONTLIKE BETOGING

Hulle het politieke partye en die regering daarvan beskuldig dat hulle net op die verkiesing in November gefokus het, terwyl hulle “brood-en-botter-kwessies” wat die bevolking die meeste raak, glo net verwaarloos het.

“Ons is die stem van die stemloses, ’n brug tussen die mense en hul leiers,” het Pretorius gesê.

Hy het bygevoeg dat die groep deursigtigheid, regverdigheid en optrede eis om waardigheid aan gemarginaliseerde gemeenskappe te herstel.

In die lig van die beweerde gebrek aan reaksie, oorweeg die groep om ’n nasionale betoging te hou sodat hulle bekommernisse die nodige aandag kan geniet.

Terwyl hulle beweer dat hulle bedag is op die verkiesingstydperk, het hulle volgehou hul besware is ewe belangrik.

“Ons wil nie hê verkiesings moet bepaal wanneer ons optree nie. Dienslewering moet nie aan verkiesingstydlyne onderhewig wees nie,” het Shaun Gariseb, die verteenwoordiger van Katutura, tydens die geleentheid gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 21° | 29° Oshakati: 22° | 27° Ruacana: 22° | 28° Tsumeb: 22° | 32° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 17° | 28° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 23° | 36° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 17° | 32° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 14° | 33° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 17° | 22° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 35° Harare: 18° | 31° #REF! #REF!