Amerikaners steel glo bewysstuk
Inspekteur steeds in getuienisbank
Die inspekteur beweer dat 'n notaboek uit sy kantoor weggeraak het en dat uitgeskeurde bladsye by die beskuldigdes gevind is.
Kristien Kruger
’n Getuie het gister in die Heckmair-saak, waarin mnre. Marcus Thomas en Kevan Townsend op moord teregstaan, getuig dat die beskuldigdes ’n notaboek uit sy kantoor gesteel en papiere daaruit geskeur het.
Inspekteur Felix Ndikoma was gister vir die vierde agtereenvolgende dag in die getuienisbank en het getuig oor ’n notaboek wat die polisie op 9 Januarie 2011, twee dae ná die moord op mnr. André Heckmair, in die beskuldigdes se kamer by ’n gastehuis op beslag gelê het.
Ndikoma het die swart, A5-ringband notaboek ná die beslaglegging in sy kantoor gestoor.
Hy het getuig dat die beskuldigdes die week ná hul inhegtenisname na sy kantoor gekom het om van hul klere en persoonlike besittings uit hul bagasie te haal wat in die kamer agtergebly het en in Ndikoma se kantoor gestoor was.
Nadat hulle sy kantoor verlaat het, was die notaboek weg, volgens Ndikoma.
WEL KOPIEË GEMAAK
’n Paar dae later is een van die beskuldigdes met ’n papier in die tronk gevind wat gelyk het of dit uit ’n boek geskeur is.
Ndikoma het getuig dat hy die notaboek op 14 Januarie 2011 teruggekry het, maar hy kon sien dat bladsye uit die boek geskeur is.
Volgens sy getuienis het hy wel kopieë van die hele notaboek gemaak voordat dit weggeraak het.
Ndikoma het nie oor die inhoud van die notaboek getuig nie, maar na bewering bevat dit name van Heckmair se familie, adresse en wapeninligting. Dit moet egter nog bevestig word.
Hy sal vandag sy hoofgetuienis hervat waarna die verdediging geleentheid sal kry vir kruisondervraging.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie