Altesaam 29 parlementslede en staatsamptenare het ’n twee dae lange opleidingsessie op Swakopmund bygewoon. FOTO VERSKAF
Altesaam 29 parlementslede en staatsamptenare het ’n twee dae lange opleidingsessie op Swakopmund bygewoon. FOTO VERSKAF

Amptenare leer meer oor grondkwessies

FAO-kenners oor VGGT-riglyne
VGGT is 'n noodsaaklike konsep om leiding aan ontwikkelende lande soos Namibië te gee om die bestuur van sy hulpbronne te verbeter.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

’n Groep uitgesoekte parlements­lede en regeringsamptenare het verlede week ’n twee dae lange opleidingsessie op Swakopmund bygewoon oor verantwoordelike bestuur van grondeienaarskap of verblyfreg, visserye en woude.

Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) het die opleiding onder die tema “die verantwoordelike bestuur van grond en natuurlike hulpbronne vir voedselsekuriteit en voeding” aangebied.

Tydens die geleentheid het amp­tenare meer geleer oor vrywillige riglyne vir die verantwoordelike bestuur van grondeienaarskap, visserye en woude – in die konteks van nasionale voedselsekuriteit (VGGT).

Opleiding is gebied oor die Afrika-unie (AU) se verklaring oor grondkwessies en uitdagings, asook die AU-raamwerk en grondbeleid (F&G).

Tydens die opening van die geleentheid het die Speaker, prof. Peter Katjavivi, wie se toespraak namens hom deur me. Agnes Kafula voorgelees is, gesê die VGGT speel ’n noodsaaklike rol om leiding aan ontwikkelende lande soos Namibië te gee om die bestuur van die hulpbronne te verbeter.

Die oorhoofse doel is om voedselsekuriteit en sosioëkonomiese ontwikkeling te bewerkstellig.

“Landelike gebiede moet meer kos produseer om die groeiende bevolking in die stad te voer, veral as dit by klimaatsverandering kom.

VERANTWOORDELIKHEDE

“Dis om hierdie redes dat die tweede nasionale grondkonferensie nuwe resolusies aanvaar het om die uitdagings met grondhervorming in landelike en dorpsgebiede te takel – wat hul oorsprong uit die koloniale verlede het,” het hy beklemtoon.

Die Speaker het bygevoeg dat die opleiding van parlementslede die geleentheid bied om hul kapasiteit te help ontwikkel as dit kom by hul rolle in wetgewende, begrotings- en toesighoudende verband.

Dit is noodsaaklik vir die suksesvolle toepassing van die 2018-grondkonferensie se resolusies, in ooreenstemming met internasionale en streekstandaarde vir die bestuur van grondeienaarskap, soos uiteengesit in die VGGT en F&G.

Die assistent FAO-verteenwoordiger in Namibië, mnr. Ferdinand Mwapopi, het saamgestem.

“Die bestuur van verblyfreg is ’n deurslaggewende element as dit kom by hoe mense, gemeenskappe en ander die regte, maar ook gepaardgaande verantwoordelikhede kry om grond, visserye en woude te benut.

“Die FAO staan gereed om die Namibiese regering te ondersteun as dit by die VGGT’s in beleids-, wets- en institusionele prosesse kom, soos vervat in ons huidige programmeringsraamwerk vir lande,” het Mwapopi gesê.

In totaal het 29 amptenare aan die opleiding deelgeneem – die meeste lede van die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne, asook regeringsamptenare van die ministerie van landbou, water en grondhervorming en FAO-amptenare.

Sleuteltemas sluit in die bevordering van toegang en eienaarskap van produktiewe hulpbronne deur die VGGT en F&G, die bestuur van verblyfreg vir die volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne en voedselsekuriteit, verantwoordelike beleggings in grond en wetgewing vir die verantwoordelike bestuur hiervan.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!