Amushelelo, Nauyoma hoor Dinsdag
Betogers oorhandig klagskrifte aan verskeie ministeries
Die aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma sal Dinsdag weet of hul borgtogaansoek geslaag het of nie.
Augetto Graig
Die uitspraak in mnr. Michael Amushelelo van die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) en mnr. Dimbulukeni Nauyoma van die Affirmative Repositioning Movement (AR), se aansoek om borgtog sal Dinsdag in die Windhoek-landdroshof in Katutura deur landdros Kwizi Masule gelewer word.
Dit beteken die duo sal nog ’n naweek agter tralies deurbring weens die ontwrigting van werksaamhede by Chinese kleinhandelaars in Windhoek einde verlede week.
Intussen het ondersteuners van dié twee politieke partye Woensdag die hoofstad se strate ingevaar met ’n optog wat in China Town begin het.
’n Klagskrif is aan me. Stina Wu, mede-eienaar van sommige van die inkoopkomplekse, oorhandig.
Die ontevrede jong Namibiërs eis onder meer dat werknemers by China Town wettige werkskontrakte moet kry, Namibië se arbeidswette gehandhaaf word en dat winkeleienaars nie meer in hul winkels mag bly nie.
Die groep van sowat 300 betogers het na die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit opgeruk, en kon met ’n tweede probeerslag hul klagskrif aan adjunkminister Daniel Kashikola oorhandig. Dr. Albert Kawana het vroeër geweier om die klagskrif in ontvangs te neem.
VRA STRENG PROSESSE
Die skare het ook na die ministerie van nywerheidsontwikkeling en handel opgemars. In die klagskrif wat die betogers aan minister Lucia Iipumbu oorhandig het, eis hulle die toepassing van streng registrasieprosesse van buitelandse maatskappye, en dat diegene moet deregistreer wat nie belasting betaal of binne Namibië bank nie.
Hulle eis ook dat Chinese burgers nie in kleinhandel betrokke mag wees nie, slegs in groothandel.
By die ministerie van finansies het hulle van die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) se hoof, mnr. Sam Shivute, geëis dat hy moet bedank of saam met ander topamptenare ’n 40%-salarisverlaging moet aanvaar. NamRA moet ook al die Chinese besighede oudit, eis hulle.
Die betogers het daarna na die landdroshof beweeg waar hulle die nuus ontvang het dat Amushelelo en Nauyoma nog in aanhouding bly.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie