Aroab ly dors
Beurtwater drie keer per dag
Die dorpsraad vergader môre met NamWater om moontlike oplossings vir die dorp se waterskuld van ongeveer N$1,4 miljoen te vind.
Daagliks tussen 09:00 en 13:00, 15:00 en 17:00 en weer vanaf 23:00 tot 04:00 is daar geen water in Aroab in die Suide se krane nie.
Die Aroab Boerevereniging het reeds op 29 Februarie sy ontevredenheid met die situasie te kenne gegee in ’n brief aan die dorpsraad en NamWater.
Die watertekort raak die hele gemeenskap, “en dit blyk dat daar net beloftes gemaak word maar daar nie daadwerklik opgetree word om die probleem op te los nie,” skryf Pieter van Schalkwyk, die voorsitter van die boerevereniging.
Volgens hom word inwoners van bakboord na stuurboord gestuur met die dorpsraad wat vrae na NamWater verwys en Namwater wat glo sê hulle werk met die Aroab-dorpsraad as sy kliënt, en nie met individue nie.
“Ons het gehoor van ’n N$14 miljoen-begrotingsprojek van NamWater om die watertekort te takel en nuwe infrastruktuur te bou, wat reeds in April 2022 moes begin het. Dit nadat inwoners reeds in 2020 ’n oplossing belowe is, met niks wat tot op datum gebeur het nie,” skryf Van Schalkwyk.
Hy beklemtoon die impak op sanitasie by die dorp se skole, en in elke huishouding, plaaslike besighede, gastehuise en die kliniek waar hulle gedurende kritieke tye sonder water moet klaarkom.
“Om sonder water te wees in Aroab se erge hitte gedurende die somertyd is werklik lewensgevaarlik. Wanneer daar kragonderbrekings is, word die situasie selfs erger, want daar is geen kragopwekkers om die water uit die reservoir te pomp nie,” voeg hy by.
As dringende ingrypings benodig word, bied die boerevereniging ook sy hulp aan om die kwessie te takel.
Volgens ’n sakeman, wat ’n restaurant en ’n gastehuis op Aroab bedryf, is die impak van die watertekort op sakeondernemings ook beduidend.
“Ons sukkel met die watersituasie,” sê die bron en “uit ’n sake-oogpunt is dit ’n groot probleem. Dit gaan al vir ’n paar maande so aan sonder enige verbetering. Die een sal eerder die ander die skuld gee”.
Die dorp se kliniek, drie koshuise en talle senior inwoners gaan ook gebuk onder die watertekort.
“Hier is water maar die situasie is om die water by die toring te kry. Ons het selfs ’n nuwe boorgat, maar dit is nog nie toegerus nie,” voeg die sakeman by.
Die streekraadslid verantwoordelik vir die Keetmanshoop landelike kiesafdeling, Willem Labuschagne, sê die dorp se skole kry ook swaar en “sommige naweke is die water (toevoer) heeltemal af.
Die kliniek, die ou mense, die gastehuise sit almal sonder water. Hoe spoel mens die toilette?” vra hy.
Labuschagne sê ’n deel van die probleem is die dikte van toevoerpype wat ’n paar kilometer van Aroab nouer word – vanaf 110 mm tot net 40 mm.
Volgens hom is ’n versoek om met die dorpsraad te vergader weke gelede van die hand gewys.
Die gemeenskaplike tuinprojek waarby Labuschagne betrokke is, ly ook daaronder en vrugtebome loop die risiko van ’n swak oes sonder water, brei hy uit.
Fakture wat Republikein onder oë gehad het, dui daarop dat de dorp NamWater byna N$120 000 vir Desember 2023 skuld, en teen die laaste dag van die jaar het die dorp se totale skuld aan die nasionale waterverskaffer byna N$1,36 miljoen beloop. Labuschagne sê die dorp het ’n paar jaar gelede NamWater niks geskuld nie.
Die waarnemende uitvoerende hoof van Aroab se munisipaliteit, Eloise Joseph, wou nie die skuld bevestig sonder die raadslede se toestemming nie. Sy het wel gesê die dorpsraad sal môre met NamWater vergader.
Erika Mienies, die voorsitter van die dorpsraad, het die vergadering om 10:00 bevestig en gesê sy sal inligting oor ’n moontlike oplossing deel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie