Babameisie dood ná bobbejaanaanval
Mens-dier-konflik neem toe aan hoofstad se buitewyke
Die stedelike behuisingskrisis kan voorvalle van mens-dier-konflik vererger, aangesien inwoners woonplekke skep op onontwikkelde grond aan die buitewyke van die hoofstad.
Skaars vyf maande ná Peya Heita se geboorte, treur haar familie nou oor haar dood.
Peya – wat op 5 Mei gebore is – is Woensdagoggend dood nadat ’n bobbejaan haar uit haar gesin se plakkershuis in die informele nedersetting Okapale – aan die buitewyke van Windhoek – gegryp en in die nabye bosse gesleep het.
Dié aanval het haar met noodlottige beserings gelaat.
“Ek is seergemaak. Ek is ongelukkig,” het mnr. David Heita, Peya se pa, gesê terwyl hy met ons susterkoerant Namibian Sun gepraat het. Die familie het van die beproewing vertel wat hulle verwoes en met meer vrae as antwoorde gelaat het.
Die baba se ma, me. Josephina Petrus (26), was besig om te kook toe die voorval by hul huis plaasgevind het. Die huis is langs die skilderagtige heuwels rondom Windhoek geleë – ook die tuiste van bobbejaantroppe wat dikwels die nedersetting inval op soek na kos en water.
Toe Petrus die rumoer hoor, het sy omgedraai en gesien hoe ’n bobbejaan vir klein Peya in sy bek na ’n nabye rivierbedding dra. Die baba moes veg om haar lewe nadat sy ernstige beserings opgedoen het.
Petrus het gehaas om die kind te red toe die bobbejaan uiteindelik weggehardloop het. Sy is na die Katutura-staatshospitaal geneem, waarna sy na die Windhoek Sentrale Hospitaal oorgeplaas is vir ’n operasie.
Sy het egter die afgelope naweek aan haar beserings beswyk.
NIE DIE EERSTE KEER
Josephina se suster, me. Salmi Petrus, het die voorval beskryf en gesê die bobbejane het haar niggie in die gesig geklap en die baba met klippe gegooi totdat bure die gesin te hulp gesnel het.
Dit glo nadat haar eie kind net verlede maand ’n bobbejaanaanval oorleef het.
“Ek het my dogter wat aangeval is na die kliniek geneem sodat haar verbande omgeruil kan word. My suster was besig om te kook en het iets gehoor en toe sien sy hoe ’n bobbejaan na haar kind toe hardloop.
“Die bobbejaan het die kind gegryp en na die rivierbedding geneem en haar toe [op die grond] gegooi,” het sy gesê.
Volgens haar is dit net die bure se ingryping wat die bobbejaan gedwing het om die baba uiteindelik te los.
“Sy het gehuil totdat die bure die bobbejaan kom wegjaag het en haar hospitaal toe geneem het,” het sy gesê.
LEEF IN VREES
Uit vrees vir hul lewens het die twee susters sedertdien na Kilimanjaro in die informele nedersetting Babylon verhuis, en bygevoeg hulle weier om terug te keer na hul huis in Okapale.
“Dit is baie moeilik, daarom het ons hierdie kant toe gekom. Ons wil nie in daardie gebied bly nie, want die bobbejane het twee keer na dieselfde huis toe gekom. Dis baie moeilik om daar te bly,” het Salmi gesê.
Sy het bygevoeg hoewel sy die voorval by die kiesafdeling se raadslid aangemeld het, het sy slegs N$200 as vergoeding ontvang.
“Hier is geen beskerming nie, want ek het dit by die raadslid aangemeld en hy het my net N$200 gegee. Dit is baie moeilik. Ek werk nie en my suster ook nie,” het sy gesê.
NIE MY VERANTWOORDELIKHEID
Intussen het die raadslid van die Samora Machel-kiesafdeling, mnr. Nestor Kalola, gesê die voorval val buite die streekraad se gesag. Hy het Namibian Sun na die ministerie van die omgewing, toerisme en bosbou verwys.
“Watter ondersteuning dink jy kan my kantoor bied? Diere val onder die ministerie van omgewing; wat dink jy kan ’n streekraadslid doen?
“Ek is bewus van die situasie en het wel met die familie vergader. Ek het vir hulle geld gegee om die kind hospitaal toe te neem,” het hy gesê.
Mnr. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, het die voorval as betreurenswaardig beskryf.
“Ons het geen verslag oor die voorval nie en dit is betreurenswaardig en jammer vir die ministerie,” het hy gesê.
Muyunda het gesê voorvalle van bobbejane wat mense aanval, is redelik seldsaam.
“Ons ontmoet die familie moontlik vandag [gister], sodat ons kan sien wat die moontlike oplossings is in terme van die ministerie se ondersteuningsbeleid,” het hy gesê.
MUNISIPALITEIT REAGEER
Die munisipaliteit van Windhoek (CoW) het by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akweenye, gesê hulle sal die voorval ondersoek om ’n soortgelyke situasie in die toekoms te voorkom.
“Gewoonlik, as ons ingelig word, probeer ons die diere wegjaag. Dit is ’n ongelukkige situasie; ons raak altyd van lastige bobbejane ontslae,” het hy gesê.
Akweenye het opgemerk dat inwoners van die stad nou ook die habitat van wilde diere binnedring, maar het nietemin gesê dit bly “’n baie hartseer voorval”.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie