‘Berg Aukas se pompe stukkend’
NamWater het Vrydag bevestig dat die twee pompe wat water uit die ou Berg Aukas-myn in die waterkanaal inpomp, stukkend is.
Boere langs die kanaal het nou al vir meer as ’n week lank geen water nie, omdat die kanaal droog is. Talle boere is heeltemal afhanklik van die kanaalwater en moet nou noodgedwonge elke dag water vir hul diere en werkers uit Grootfontein aanry. Ander boere het boorgate en is nie heeltemal afhanklik van dié water nie.
Andries Kok van NamWater het bevestig beide die pompe is buite werking en dat hulle tans probleme ondervind om die pompe te herstel.
“Dit is ’n groot probleem oor die vakansietyd omdat al die besighede toe is. Ons hoop die besighede maak vandag oop en dat ons die probleem vinnig kan oplos en weer water kan pomp.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie